Die ideaal van Christelike Nasionale Onderwys was deur die jare 'n koers geworde inspirasie, wat ook tans deurslaggewend is vir die VISIE van Laerskool David Brink met die oog op doelmatige taakvervulling in die toekoms.
Die handhawing van kwaliteit onderwys en opvoeding wat kindgerig is en waardeur die beeld van die skool uitgebrei en die groei van die skool verseker word en gebaseer is op die gestelde waardes. Ter verwesenliking van die visie word die karakter van Laerskool David Brink verwerklik deur sy personeel, uitgedra deur sy leerlinge, vergestalt in sy leuse en veraard in sy MISSIE.
* Die handhawing van kwaliteit onderwys en opvoeding wat kindgerig is en waardeur die beeld van die skool uitgebrei en die groei van die skool verseker word en gebaseer is op die gestelde waardes, deur:
* te verseker dat 'n kultuur van leer en onderrig uitkoms gebaseerd is en van 'n baie hoë standaard:
* 'n morele omgewing te koester wat 'n teosentriese benadering volg en wat dus in lyn is met die aanvaarde waardes:
* verwantskappe tussen die onderskeie vennote van die skool koester:
* geleenthede te skep en leerlinge te motiveer met betrekking tot deelname aan buite kurrikulêre aktiwiteite:
* Die aanvaarding van verantwoordelikheid vir die organisasie, beheer en befondsing te promiveer.

Mnr. D.C. Guillaume was die eerste skoolhoof met ‘n personeelgetal van 9 en net meer as 300 leerders. Die skool se naam verander op 15 September 1967 en word vernoem na D.S. van der Merwe Brink - ‘n prokureur wat onmiskenbare spore in die onderwys, op maatskaplike gebied en in die politiek getrap het.
Die skoolwapen is deur Sindonie, die dogter van die eerste skoolhoof ontwerp.
Die skoolwapen simboliseer lemoene - tiperend van die sitrusbedryf in Rustenburg, die tabakblare simboliseer die tabakboerdery. Die berg stel die Magaliesberg voor en die son die opkoms van die ligbrong - kennis bring lig.

David Brink is tans ‘n dubbelmedium skool wat leerders onderrig in Afrikaans sowel as Engels. Die leerdertal is net so oor ‘n 1 000.
David Brink se waardes staan vas en die doel van elke onderwyser is om die leerders eerste te stel en holities te ontwikkel waar onderwys van ‘n hoë gehalte gepriotiseer word.
“Diep is die bodem van hierdie skool gevestig”, het mnr. D.S. van der Merwe Brink, gedurende die amptelike opening van Laerskool David Brink gesê.
Die skool moes op 18 Januarie 1955 geopen het, maar weens ‘n uitgebreide polio-epidemie daardie jaar, is die opening uitgestel.
1 Februarie 1955 is die amptelike geboortedatum destyds bekend as die Rustenburg-Oosskool.

Ons skool se leuse - Altyd Vooruit - is ‘n belangrike opdrag aan almal en alles wat lewe. Hou die leuse altyd ingedagte met alles wat jy doen.
Mnr. D.C. Guillaume was hoof vanaf 1955 - 1965.
Mnr. D.G. Potgieter was hoof vanaf 1965 - 1974
Mnr. Koos Oosthuizen is hoof vanaf 1975 - 1992
Mnr. Arrie van der Westhuizen is hoof vanaf 1992 - 2016
Mnr. Craig Olivier is tans die hoof van Laerskool David Brink
